grading


Om klasgenote se werk te merk Om evaluasie te vergemaklik word opdragte in 'n paar evaluasie elemente verdeel. Elke element handel oor 'n sekere aspek van die opdrag. Afhangend van die tipe opdrag, moet jy vir elke element: 'n Punt kies deur op 'n knoppie te druk of van die kieslys af kies. Verduidelik hoekom jy die punt gegee het in die terugvoer blok. As die rede voor die handliggend is kan die blok oop gelos word. Let Wel: onderwysers mag dalk navraag doen as daar geen verduidlikings is nie. In ander tipes van evalueering sal jy gevra word om vas te stel of sekere elemente aanwesig is, in ander sal jy gevra word om te kies watter stelling pas die beste by die opdrag. In albei die gevalle kan jy die punte aanpas om by die opdrag te pas. Die laaste blok laat jou toe om algemene kommentaar te lewer. Dit sal jou toelaat om jou evaluasie te verduidlik. Die terugvoer sal aan die student getoon word wat die werk ingelewer het. Jy het 'n sekere tydperk, gewoonlik 'n half uur, om veranderinge aan te bring aan jou punte of kommentaar. As die periode verby is sal die student verwittig word dat sy werk gemerk is. In die fase sal jy slegs kan kyk na jou kommentaar maar nie veranderinge kan aanbring nie.

Wyszukiwarka

Podobne podstrony:
gradingsubmissions
grading
gradinggrade
gradingsubmissions
gradingsubmissions
gradingstrategy
gradingassessments
grading
gradingstrategy
gradingassessments
gradingstrategy
gradinggrade
gradinggrade
grading
gradinggrade
gradingsubmissions
grading
gradingcomments

więcej podobnych podstron