885095897

885095897



INLEIDING

Potchefstroom Gimnasium is in 1907 gestig en het 'n lang en tradisieryke verlede. In 1982 is die skool se vyf-en-sewentigste bestaansjaar op luis-terryke wyse gevier waartydens ook Yi gedenkalbum van die skool se geskie-denis uitgegee is. Hierdie album beeld die skool se geskiedenis uit en skrywer het ii aansienlike aandeel in die opstel daarvan gehad. Dit is eg-ter geen wetenskaplike geskrif nie maar eerder populer van aard waarin tot ii groot matę op fotomateriaal gefokus is. Skrywer se betrokkenheid by die opstel van die gedenkalbum het direk aanleiding gegee tot die opstel van ii meer wetenskaplike werk oor die skool se geskiedenis.

In 1982 het LA Dreyer ii M.Ed.-verhandeling die lig laat sień met die titel: "Potchefstroom Gimnasium as eksponent van die Christelik-nasionale onder-wysbeginsel". (Dreyer was die vyfde permanente hoof van Potchefstroom Gimnasium). Hierdie is die eerste wetenskaplike geskrif met Potchefstroom Gimnasium as tema. Die doel van die navorsing was om die stigting, ontwik-keling, gees en rigting van Potchefstroom Gimnasium aan die Christelik-nasionale onderwysbeginsel te toets. Hoewel Dreyer hom noodwendig besig ge-hou het met die skool se verlede, is slegs die historiese gegewens aange-wend wat betrekking het op sy hipotese, naamlik dat Potchefstroom Gimnasium as 'n eksponent van die Christelik-nasionale onderwysbeginsel beskou kan word. Die fokus in dić verhandeling is dus eerder op die opvoedkundige as op die historiese gerig.

Die doel van hierdie navorsing is die daarstel van ti geskiedenis van Potchefstroom Gimnasium gedurende die jare 1907 tot 1982. Daarin val die soeklig veral op die ontwikkeling wat die skool gedurende hierdie tydperk op fisiese, akademiese, kulturele en sportgebied ondergaan het. Elke skool-hoof word verder indiwidueel bekend gestel waarna elkeen se dienstydperk aan die-skool in hoofstukke drie tot vyf geevalueer word.

Potchefstroom Gimnasium is een van die sewe sekondere skole in Potchefstroom. As een van die oudste Afrikaansmedium sekondere skole in Suid-Af-rika strek die skool se aansien egter veel wyer as sy onmiddellike omge-wing. Die teenwoordigheid van die Staatspresident as eregas tydens ’n dinee ter herdenking van die skool se 75e bestaansjaar in 1982, getuig grootliks hiervan.



Wyszukiwarka

Podobne podstrony:
41 Uit die voorafgaande is dit duidelik dat n skoolfonds reeds op n vroee stadium van die skool se
115 1905 en 1907 ontwerp, en is saamgestel uit Yi prominente weergawe van die .
89 "Indien in aanmerking geneem word dat die spel slegs enkele jare gelede in die skool ingevoe
BSTRACT 5 -5 ^ 1 zi 9 The thesis deals with the history of Potchefstroom Gimnasium, as p
14 Bybelse en Kerkgeskiedenis. Van 1879 af is die toelatingsvereistes verhoog 71) tot Yi
38 V 3. POTCHEFSTROOM GIMNASIUM AS SEKONDeRE SKOOL, 1918 - 1938 3.1 POTCHEFSTROOM GIMNASIUM KRY BESL
56 Nadat die skool in n sekondere skool omskep is, was-die o * • egter nie van n besonder hoogstaa
61 daarvan is egter in 1923 beeindig, waarna die vereniging se lede hulle 131) hoofsaaklik op debatv
62 62 "Hou Koers":137) Potchefstroom Gimnasium, getiteld Voortrekker, al lyk die lewensstr
KK078 1200 bis 1480 igoGOTISCHESMITTELALTER Ais in der Renaissance die Begeisterung fur das griechis
GSM BASICS GSM HISTORY: In 1982 the Nordic PTTs sent a proposal to CEPT (Conference of European Post
IMG967 (4) al von ihr an die Ober- 9 in einer gemeinsamen *r die Dorsalseite des / eilt sie sich i
KK078 1200 bis 1480 igoGOTISCHESMITTELALTER Ais in der Renaissance die Begeisterung fur das griechis

więcej podobnych podstron