meer voldoende om in die groeiende behoefte aan akkommodasie te voorsien nie. Dit was daaraan te wyte dat die leerlingtal intussen vanaf 162 in 1935 tot 264 in 1939 aangegroei het. Verder het die oorspronklike deel van die skoolgebou strukturele swakhede vertoon wat ernstige aandag vereis het.10>
Vanwee die swak konstruksie het die Beheerraad van die skool verdere uit-
breiding van die bestaande gebou klaarblyklik as ongewens beskou. Die op-
rigting van 'n nuwe skoolgebou is gevolglik oorweeg. Na oorlegpleging tus-
sen die Beheerraad en die Direkteur van Onderwys, is ii vyfjaarplan vroeg
11)
in 1938 opgestel vir die oprigting van nuwe skoolgeboue en koshuise. '
Die bouplanne sou aan die Beheerraad voorgele word vir aanbeveling en even-
tuele goedkeuring. ii Geskikte terrein moes ook gevind word aangesien die
bestaande skoolterrein nie ruim genoeg was nie. Op so ii terrein sou daar
ook voldoende ruimte moes wees vir die aanle van die nodige sportvelde.
Daar is reeds in 1935 bevind dat die bestaande terrein nie vir sodanige fa-
12)
siliteite voorsiening sou kon maak nie.
ii Terrein van sowat twee morgę groot, gelee ten suide van die skoolge-
13)
boue, 1 is aan die begin van 1939 as ii skenking van die Potchefstroomse
14)
Stadsraad ontvang. ' Dit was egter vir die Beheerraad van die begin af
duidelik dat die terrein nie ruim genoeg was om in alle uitbreidingsbehoef-
15)
tes van die skool te voorsien nie. ' Vanwee die beperkte oppervlakte
daarvan is die terrein dan ook uitsluitlik ontwikkel ter uitbreiding van
T6)
die skool se sportfasiliteite. ' Die bouprogram kon derhalwe nog nie in
10 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 1-3.5.1939 in Skool-joemaal II/ pp. 176-178
11 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV, 21.3.1938, art. 7
12 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 18-20.3.1935 in Skool-joernaal II, pp. 125-133
13 In 1923 het die Beheerraad reeds pogings aangewend om hierdie terrein te bekom vir die oprigting van h addisionele skoolgebou. Kyk hoofstuk 4
14 Potchefstroom Gimnasium, Fac et -Spera, No. 16, Des. 1939, p. 7 ‘.15 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV, 20.2.1939, art. 11 ( *16^-Potchefstroom Gimnasium, Fac et -Spera, No. 17, Des. 1940, p. 5