73
wens vir die oprigting van 'n skoolgebou bestempel. Hy het tegelyk ook 'n
"ruilskema" bepleit ingevolge waarvan alle bestaande geboue en terreine,
insluitende die van Potchefstroom Gimnasium, aan die Laerskool Mooirivier
oorgedra sou word. Eersgenoemde sou dan na Yi ander terrein verskuif word
waar die ontwikkeling van geboue en terreine van nuuts af sou geskied. '
Hierdie skema vertoon groot ooreenkomste met die ontwikkelingskema wat ge-durende 1938 deur die Beheerraad van Potchefstroom Gimnasium oorweeg is.22^ Die Beheerraad het ook die "ruilskema" oorweeg en beraam dat Yi skoolgebou teen sowat £15 000 op genoemde terrein opgerig kon word. Die provinsiale owerhede het die terrein eweneens as ongeskik beskou en dit daarom afge-keur. Dit het egter nie die einde van die skema beteken nie aangesien die
Potchefstroomse Skoolraad 'n ander terrein, gelee tussen Meyerstraat en
231 241
Noordstraat, ■ ' aanbeveel het. '
Na oorweging van die Skoolraad se voorstel het die Beheerraad Vi deurslagge-
251
wende besluit geneem:
"Na deeglike bespreking word besluit dat die Beheer Liggaam hom bereid verklaar om die skool met ai die gronde (insluitende die koshuise) en ook die nuwe sportsvelde aan Mooirivierskool te gee, op die voorwaarde dat die Skoolraad en Mooirivierskool Kommissie behulpsaam sal wees om die beskikbare terrein te kry; en so 'n ruil sal nie aangegaan word nie, alvorens die geskikte terrein gekry is nie".
Die voorgestelde terrein met h oppervlakte van sowat twaalf morgę groot '
is gedurende 1941 van die Stadsraad bekom. Goedkeuring is ook van die Stadsraad verkry om met die bouprojek, waarvan die finansieringskoste in-
21 JV Coetzee,"Hoer Gimnasium"(manuskrip), pp. 30-31
22 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV, 8.8.1938, art. 9
23 Noordstraat is die huidige Gerrit Dekkerstraat.
24 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV: spesiale vergadering,
24.10.1940, art. 2
25 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV: spesiale vergadering,
24.10.1940, art. 2
26 Potchefstroom Gimnasium, Skooljoernaal II, 2.5.1941, p. 188
••
27 Potchefstroom Gimnasium, Beheerraadsnotule IV, 28.1.1941, art. 6