Hoe om in Wiki formaat te skryf
Bladsye met Wiki formaat voorsien 'n maklike en intuïtiewe manier om gewone teks op te merk na 'n maklike leesbare formaat wat omgeskakel sal word na XHTML wanneer dit vertoon word. Die voordeel is dat jy nie hoef HTML te leer om goeie resultate te verkry nie, en die teks wat jy skryf lyk goed, selfs voor dit omgeskakel word. Jy kan dit doen eerder as om Word dokumente as HTML te stoor, nou kan jy nog die hulpbron redigeer in 'n gekoppelde omgewing.
Jy skryf basies gewone teks, en voeg dan spesiale karakters by om die formatering te doen.
Paragraaf blok formatering
Paragraaf blokke word deur ten minste een lyn geskei. Om 'n paragraaf te formateer, voeg een van die spesiale karaketers by in die eerste karakter op die eerste lyn van die paragraaf gevolg deur 'n spasie...
Karakter
Blok Tipe
Geen karakter
Gewone paragraaf
>
Aanhaling
Spasie
Pre-Geformateerde Teks ("Monospaced")
%
Pre-Geformateerde Teks en Wikki formaat word geignoreer
!#
Opskrif - # is 1-6, dit is die vlak van die opskrif (1 is die grootste)
Q.
Vraag - styl inligting word by die paragraaf gevoeg om vraag/antwoord beter voor te dra (in tema)
A.
Antwoord - soos bogenoemde
Lys Formatering
Lyste kan maklik opgestel word deur 'n spesiale karakter voor aan die lys by te sit gevolg deur 'n spasie. Die lys se einde word deur 'n oop lyn getoon. Lyste kan binne in lyste op gestel word. Definisie Lyste se definisies en gewone teks kan gemeng word op die regte effek te kry. Die spesiale karakters...
Karakter
Lys item tipe
*
Ongeordende Lys ("bullets")
#
Geordende Lys (1,2,3 ens)
:
Definisie Lys, definisie
;
Definisie Lys, teks
Lys binne 'n lys voorbeeld:
* Eerste Bullet
* Tweede Bullet
## lyn 1
## lyn 2
* Derde Bullet
Dit gee:
Eerste Bullet
Tweede Bullet
lyn 1
lyn 2
Derde Bullet
Spesifieke lyn formatering
Spesifieke lyn formatering laat 'n sekere deel van 'n lyn 'n sekere styl aan neem. Die spesiale karakters wat gebruik word kan enige plek in die lyn voor kom, maar die formatering kan nie lyne kruis nie. Die karakters...
Voorbeeld
Voorbeeld
Formatering
*hello world*
hello world
Bold
/hello world/
hello world
Italics of Beklemtoning
+hello world+
hello world
Teks wat ingesit is
-hello world-
hello world
Uitgewis of "Strikethrough"
hello ~world~
hello world
Subskrif
hello ^world^
hello world
Superskrif
"hello world"
hello world
Aangehaal
%hello world%
hello world
Kode of "Monospaced"
@hello world@
hello world
Aanhaling
Akronieme
Skryf die akroniem in hoofletters gevolg deur die beskrywing in parentese. Daar moet geen spasie wees tussen die akroniem en die parentse nie. Voorbeeld...
HTML(Hypertext Markup Language)
HTML
Hiper Skakels
Skakels word in teks geplaas en gevolg deur (sonder spasies) die teks wat vertoon moet word in hakies. Voorbeeld: http://www.google.com/(Doen Soektog) sal omgeskakel word na Doen Soektog.
Moodle Module Skakels
As jy die Moodle id nommer (kyk vir ?id=nn aan die einde van 'n module adres) en die module naam ken, kan jy na die hulpbron skakel met:
ModuleName:nn(Beskrywende Teks)
vb., resource:36(My New Page) forum:10(Jump to forum)
Moodle Prent Skakels
Grafiese beelde kan in wiki teks gesit word. Jy moet die prent op laai(let die pad ("path") na die prent). Die kode is:
/..pad na lęer..(teks wat vertoon moet word)
byvoorbeeld, /mypics/graphic.jpg(My Foto)
Outomatiese Formatering
Mees algemene funksies word outomaties omgeskakel na hul XHTML ekwivalent.. Die hoof funksies...
HTTP skakels word omgeskakel na aktiewe skakels
..., (R), (TM), (C), 1/4, 1/2, 3/4 word omgeskakel na die korrekte karakter
syfer x syfer (5 x 5), word omgeskakel na vermenigvuldig simbool
'n Lyn wat met vier koppeltekens begin word omgeskakel na een reguit lyn
Wyszukiwarka
Podobne podstrony:
HOWTO Setup a Virtual Postfix Courier Mail System with PostfixAdmin Gentoo Linux WikiwikiwikiEMC Dokumentacja Wiki Gitwikiwikiwiki101208 witn wiki creditcardsKonfiguracja absolutna – Wikiwikiwikia 3990 Hidden Wiki TOR onion Co to jest DarknetCategory Disk Imaging Forensics Wikiwikiwikiwięcej podobnych podstron