18
1 1 )
onderwyswet ' wat in 1907 deur die Transvaalse Parlement goedgekeur is,
het CNO-skole, wat nie onder staatsbeheer was nie, van enige regeringsubsi-
die uitgesluit. Hierna het die geesdrif vir die instandhouding van sulke
12)
skole aansienlik verflou.
Daar is egter vanuit Potchefstroom sterk weerstand gebied teen die onderwyswet en die gevolge daarvan. Prof. 0 Lion-Cachet van die Teologiese Skool het die voortou geneem deur die uitgee van 'n brosjure waarin hy skerp gereageer het op die bepalings van die wet. Hy is gevolg deur die leraar van die plaaslike Gereformeerde Kerk, dr. JD du Toit, wat in ti gepubliseer-
de lesing veral gepleit het vir dogmatiese godsdiensonderrig as bepaler van
13)
die gees en rigting vir skole. '
Hierdeur is die voorstanders van Christelik-nasionale onderwys tot nuwe da-
de aangevuur en is verskeie kongresse oor die aangeleentheid gehou. Vertoe
wat tot die landsregering gerig is, het egter selfs na 1910 steeds op dowe
14)
ore geval.
Die afwesigheid van staatshulp het daartoe gelei dat die CNO-beweging gedu-rende 1914 en 1915 tot stilstand gekom het. Van die groter CNO-skole, soos die in die distrikte Krugersdorp, Bronkhorstspruit, Marico, Pretoria en Potchefstroom wat enduit volhard het, sou ook uiteindelik die stryd gewonne geeJ^ Die Voorbereidende Skool te Potchefstroom was een van hierdie bit-tereinders.
In Januarie 1907 het die Voorbereidende Skool as Vi selfstandige inrigting
11 Die Onderwyswet van 1907 het alle onderwys in Transvaal onder sentrale beheer van die staat geplaas. Verder het die wet bepaal dat Engels geleidelik as onderwysmedium op skool ingevoer sou word en het alle leerstellige godsdiensonderrig binne skoolure verbied.
12 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 144-145, 150-152
13 J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde beginsel en die onderwys in die Transyaal, pp. 33-34
14 PW Bingle, Die Gereformeerde Kerk en die onderwys in Suid-Afrika, pp. 190-191
15 PW Bingle, Die Gereformeerde Kerk en die onderwys in Suid-Afrika, pp. 191, 210-211