33
bou is op die suidoostel ike hoek van die skoolgronde opgerig^ en is op 7 Augustus 1917 amptelik in gebruik geneem. (kyk Illustrasie 8) Dit is van Yi oostelike frontgewel voorsien en het in geheel uit twee klaslokale en 'n saal bestaan. Om vir bykomende klaslokale voorsiening te maak is die saal deur middel van houtafskortings in drie afsonderlike lokale verdeel.^
2.4 POTCHEFSTROOM GIMNASIUM YERANDER NA 'N AFRIKAANSMEDIUM SKOOL
Sedert die stigting van die Voorbereidende Skool in 1907, was Hollands die
medium van onderrig. Die leerlinge het dus in alle vakke moedertaalonder-
rig ontvang met die uitsondering van Wiskunde en Natuur- en Skeikunde waar-
91)
voor handboeke slegs in Engels beskikbaar was. '
Nadat die Kaapse Provinsiale Raad Afrikaans in 1914 as amptelike taal erken het, is die voorbeeld spoedig ook deur die ander provinsiale rade nage-volg.9^ Die erkenning daarvan deur die provinsiale rade het daarna ook na die onderskeie provinsies se onderwys toe deurgewerk. Die aanvaarding daar-van as onderrigmedium het egter nie plotseling geskied nie, maar is gelei-delik van primere skoolvlak af ingefaseer.
Afrikaans is op dieselfde tydstip ook aan Potchefstroom Gimnasium ingevoer," maar teen 'n veel vinniger tempo as in die meeste ander skole. Dit is Yi be-kende feit dat die skool Afrikaans nie slegs van die junior klasse af inge-voer het nie, maar tewens ook vanaf die senior standerds. Van die voorste kampvegters vir die Afrikaanse taal wat aan die Teologiese Skool verbonde was, soos JD du Toit, F Postma en SPE Boshoff, het hierin 'n rigtinggewende roi gespeel. Hierdie leermeesters het selfs na 1915 nog sekere klasse vir die matriekleerlinge van Potchefstroom Gimnasium aangebied. Soos te wagte
89 Potchefstroom Gimnasium, Notule van Kommissie van Trustees, 15.2.1917, art. 2
90 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 21 - 23.11.1917 in Skooljoernaal X, pp. 33-35
91 JV Coetzee, bąndopname-transkripsie: J Chris. Coetzee (datum onbekend)
92 BJ Liebenberg, "Die Unie van Suid-Afrika tot die Statuut van West-minster, 1910-1931" in CFJ Muller, Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, p. 407