89
"Indien in aanmerking geneem word dat die spel slegs enkele jare gelede in die skool ingevoer is, is hierdie prestasie des te meer merkwaardig.
Weens gebrek aan oefenvelde kon daar nie besonder aktief geoefen word
Die feit dat die eerste krieketspan telkens in 1950, 1952, 1954 en 1958
met die louere in die Administrateursbekerkompetisie weggestap het, is be-
vestiging daarvoor dat die skool krieketspelers van 'n besonder hoe gehalte
142)
opgelewer het. '
In 'n sportsoort soos korfbal is vier speelsters tussen die jare 1959 en
1965 tot lede v^tn die Wes-Transvaalse Skolespan verkies. Tennis het alte-
saam vyftien provinsiale spelers tussen 1960 en 1965 opgelewer. In 1948 is
daar 'n aanvang gemaak met hokkie as spel en in die jare daarna het minstens
143)
agt speelsters die Wes-Transvaalse Skolespan gehaal . '
4.5 TEN SLOTTE
Na meer as ’n kwart eeu se verbondenheid aan Potchefstroom Gimnasium het W
144)
de K Kruger aan die einde van 1965 uit die onderwys getree. / Hy het hom gedurende hierdie tydperk onbetwisbaar onderskei as diś boumeester van Potchefstroom Gimnasium Die skool het dan ook onder sy leiding gegroei
tot een van die grootste sekondere skole in Transvaal. Met sy oorlye in 1972 is Kruger gehuldig as 'n kleurvolle persoon wat tot aan die einde van sy lewe "Ti band met sy leerlinge behou en die meeste ook by die naam geken het - selfs na 25 jaar"J^
Hiermee is 'n era in die skool se geskiedenis afgesluit waarin die hoofde 'n baie duidelike persoonlike stempel op die skool afgedruk het. Die name van Coetsee en Kruger was in die jare vóór 1965 feitlik sinoniem met die van
142 Potchefstroom Gimnasium, Fac et Spera, 1939-1958
143 Potchefstroom Gimnasium, Fac et Spera, 1948-1965
144 Potchefstroom Herald, 26.11.1965, p. 11
145 LA Dreyer, Potchefstroom Gimnasium as eksponent van die Christelik-nasionale onderwysbeginsel, p. 153
146 Potchefstroom Herald, 22.12.1972, p. 5