8
Die Distrikskool en die "Ladies1 Seminary" is in 1883 met mekaar verenig as "De Publieke School te Potchefstroom". Tog het dit nie die karakter van n gemengde skool gehad nie aangesien seuns en dogters afsonderlik van mekaar onderrig ontvang het. Ofskoon dit Ti Christelike skool was, is dogmatiese godsdiensonderrig nie daar toegelaat nie.^ Vanwee sy uitgesproke Christelike karakter is die skool goed ontvang deur die Hollands-Afrikaanse ge-meenskap van Potchefstroom. Op advies van die Algemene Kerkvergadering het
selfs Gereformeerdes hulle kinders toenemend na die Publieke Skool ge-41)
;tuur. 1
tn Januarie 1889 het ds. ML Fick hom as leraar van die Nederduits Hervormde )f Gereformeerde Kerk op Potchefstroom gevestig. Hy was vir meer as 30 jaar in Potchefstroom woonagtig en 'n prominente figuur op onderwysgebied. tn 1890 reeds het ds. Fick die leiding geneem met die oprigting van die 'Armenschoolin die suidelike deel van die dorp. Dit was Ti minderge-;oede deel waar weinig kinders tot op daardie stadium onderwys ontvang ,et.43>
/erskeie ander skole is gedurende hierdie tyd in Potchefstroom opgerig, vaaronder die "Conventschool" (kloosterskool) wat in 1889 met 80 leerlinge Degin is. Die skool het ook Hollands as vak aangebied. Dis merkwaardig dat die leerlingtal van die skool binne slegs een jaar tot 200 aangegroei iet.44>
Die Meriba-skool is in 1891 ook op inisiatief van ds. Fick opgerig. Die re-de vir die oprigting daarvan was om vir leerlinge wat groot afstande na die Publieke Skool moes afle, voorsiening te maak. 'n Sekere WJ Jooste het in 1896 £1000 aan hierdie skool bewillig vir die oprigting van ’n eie skoolge-
40 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 193
41 J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde beginsel en die onderwys in die Transyaal, pp. 21-22
42 Die skool was in łn woonhuis aan die huidige Jeugdstraat gehuisves, op die plek waar die Laerskool ML Fick tans gelee is.
43 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 204
44 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 203