41
Uit die voorafgaande is dit duidelik dat 'n skoolfonds reeds op 'n vroee stadium van die skool se geskiedenis noodsaaklik was. In die jare hierna was dit 'n vaste instelling aan die skool wat voortdurend in die leerlinge se be-lang aangewend is.
Yi Ander aspek van fisiese ontwikkeling wat aandag vereis, is die skool se geboue en terreine. In die twintig jaar na 1918 moes die ontwikkeling daar-van noodwendig tred hou met die groei in die skool se leerlingtal.
3.2.1 SKOOLGEBOUE EN TERREINE
Die skoolgeboue en terreine van Potchefstroom Gimnasium en die koshuise vaarin die leerlinge tuisgegaan het, was teen 1918 steeds die eiendom van iie Gereformeerde Kerk. Dit was natuurlik Vi ongewone situasie aangesien iie skool reeds sedert 1915 nie meer kerklik nie maar wel staatsbeheerd vas. In die praktyk het dit neergekom op 'n soort dubbele beheer. Die skool as opvoedkundige instansie was die verantwoordelikheid van die staat terwyl die geboue en terreine deur die kerk beheer is.
23)
24)
waarde daarvan soos volg bepaal: ' £
Blok 1 2 mórg grond ("met gaten en Kuilen") 100
Blok 2 4 mórg grond, beplant, bewerk en toegekamp met 1 000
die volgende geboue:
Volgens ti sketskaart wat deur H Altmannopgestel is, ' het die terrein agt-en-'n-driekwart mórg beslaan. (Kyk Illustrasie 1) Die terrein het vier af-sonderlike eenhede gevorm en was tussen Molenstraat en Van der Hoffweg ge-lee. Gedurende Junie 1918 het die Kuratore van die Teologiese Skool alle terreine en geboue laat waardeer. Dis deur Altmannonderneem en hy het die
23 Gereformeerde Kerk, Notule van Kuratore : Hendrik Altmann, Sketskaart met waardasie van die terrein en geboue van die Gereformeerde Kerk, 13.6.1918. Hendrik Altmann was die bestuurder van die Nederlandse Bank op Potchefstroom, 1918.
24 Gereformeerde Kerk, Notule van Kuratore: Hendrik Altmann, Sketskaart met waardasie van die terrein en geboue van die Gereformeerde Kerk, 13.6.1918