35)
23
Skool. Ofskoon die Kuratore steeds daarin verteenwoordig is, was dit die begin van 'n selfstandige skoolkommissie.
In 1910 is die personeel van die Voorbereidende Skool vergroot tot twee le-de,. nadat mej. E Postma as assistent aangestel is.3^
Die leerlingtal aan die Voorbereidende Skool het na 1910 aansienlik toege-
neem, wat waarskynlik verband hou met die sluiting van sommige CNO-skole.
Nadat leerlinge onderkant die vlak van standerd vier in 1911 ook opgeneem
is, het die leerlingtal binne slegs een jaar tot bykans eenhonderd aange-
groei. Die onderwyspersoneel is daarmee tot vier vergroot met mej. Hester
Coetzee, SG Yssel en GJ Munstra wat gedurende 1911 en 1912 diens aanvaar 37)
het. ' Die vergrote leerlingtal het klaarblyklik ook heelwat meisies in-gesluit, aangesien daar al in 1912 Vi behoefte aan *n meisieskoshuis bestaan het.38>
Die leerlingtal aan die Teologiese Skool self het ook intussen vermeerder.
39)
'n Aanduiding hiervan is die slaagsyfer van agt in 1911 ' teenoor die drie
in 1909.40)
Dit was die snelgroeiende leerlingtal aan sowel die Voorbereidende Skool as die Teologiese Skool wat ’n ernstige tekort aan akkommodasie in 1912 veroor-saak het. *n Bykomende lokaal van die Teologiese Skool en *n koshuisvertrek is daarop vir verdere onderrigdoeleindes ingeruim. Vir die studente van die Teologiese Skool is die ou kerkgebou van die Gereformeerde Kerk, wat
35 Gereformeerde Kerk, Notulę van Kuratore, 2.12.1908, art. 6
36 JJA Coetsee, "Potchefstroom Gimnasium" in Fac et Spera, No. 1, November 1916,.p. 8
37 JJA Coetsee, "Potchefstroom Gimnasium" in Fac et Spera, No. 1, November 1916, p. 8
38 JV Coetzee,"Ontstaan en ontwikkeling van die Gimnasium"(manuskrip), Februarie 1973, p. 11
39 JV Coetzee en J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde Kerk van Potchef-stroom, p. 55
40 Gereformeerde Kerk, Notule van Kuratore, 7.12.1910, art. 5