3
Op staatkundige gebied was die totstandkoming van die "Zuid-Afrikaansche
Republiek" (ZAR) in 1853 van besondere belang vir die onderwys op Potchef-9)
stroom. ' Na verskeie onsuksesvolle pogings om onderwysers uit Nederland
te bekom, het die Volksraad reeds in Julie 1852 vir Hendrik van der Linden
101
as onderwyser op Potchefstroom aangestel. ' Van der Linden het saam met
\\\
sy aansoek ook 'n onderwysreglement by die Volksraad ingedien. ' Die reg-lement wat aanvaar is, het aan kerkrade die verantwoordelikheid gegee om die stigting en instandhouding van asook die toesig oor skole te behar-
Van der Linden het op 19 Julie 1852 onderrig begin gee in die eerste open-
bare skool op Potchefstroom. Die skool, wat op die nuwe markplein gelee
13) * 14)
was, ' het spoedig 85 leerlinge geakkommodeer. ' Na enkele maande het
sommige die skool weer verlaat wat daarop dui dat die nedersetters nog nie
die waarde van formele onderwys ten volle besef het nie.
Die hoogste opvoedingsideaal wat hulle gekoester het, was dat hulle kinders
moes kon lees en skryf ter voorbereiding op kerklidmaatskap. Om hierdie
ideaal te kon verwesenlik was die minimum formele onderwys vir hulle heel-
15)
temal voldoende. Tydens hulle besoek aan Potchefstroom in Maart 1852 het predikante A Murray en JH Neetling dan ook bevind dat daar slegs enkele
9 JS du Plessis, "Die Suid-Afrikaanse Republiek" in CFJ Muller (red.) yyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, pp. 256-257
10 AH Lugtenburg, Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, pp. 29-36
11 A Barnard, Die groei en ontwikkeling van plattelandse onderwys (blank) in Transyaal, p. 8
12 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 35-36
13 Die markplein was gelee ten suide van die huidige Lombardstraat en wes van wat teenswoordig Gouwsstraat is.
14 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis-van•die Onderwys in Potchefstroom, 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 161
15 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, •p. 37