2
heid verval het nie.^ Die invloed van die kerk hierin was ook belangrik aangesien lees- en skryfkennis as Yi voorvereiste vir belydenisaflegging ge-stel is.^
Daar was gedurende die jare 1838 tot 1851 geen sprake van georganiseerde onderwys in die Potchefstroomse nedersetting nie.^ Die moeder het meesal self haar kinders onderrig omdat onderwysers en predikante uiters skaars was. Enkele onderwysers het die trekgeselskappe vergesel, byvoorbeeld Mac-donald en Tielman Roos wat saam met Potgieter getrek het. Roos het hom in 1839 op 'n pląas tussen Potchefstroom en die Magaliesberge gevestig, waarna hy gereeld onderwys verskaf het aan die kinders van verskillende families. In dieselfde tyd het ’n sekere tant Kootjie Basson ook onder die nederset-ters rondbeweeg en onderwys aan die kinders gegee.^
Die onderrigmiddele het hoofsaaklik bestaan uit die nABC"-boek, “Trap der Jeugd", "Het kort begrip der Christelijke leer", die Psalm- en Gesangeboek en Jacobus Borstius se "Enige korte vragen voor de kleine kinderen".^
Onderwys is gedurende hierdie vroee jare bloot as 'n middel beskou om die kinders op kerklidmaatskap voor te berei. In 1842 reeds is doelgerigte po-gings aangewend om predikante van die Hervormde Kerk en onderwysers uit Ne-derland te bekom. Predikante PE Faure en W Robinson het Potchefstroom gedurende 1848 besoek waartydens 142 kinders gedoop en 134 lidmate belydenis
van die geloof afgele het. Die groot getal belydenisafleggings dui daarop
8)
dat die onderrig beslis nie agterwee gebly het nie.
3 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 123-124
4 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, p. 28
5 DJP Haasbroek, Die geskiedenis van Potchefstroom/ p. 39
%
6 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 29-31
7 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis•van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 125
8 AH Lugtenburg, Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, p. 11; J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, pp. 126-127