4
1g\
kandidate-vir belydenisaflegging was wat nie kon lees nie. '
Die eerste predikant op Potchefstroom was ds. Dirk van der Hoff wat in 1853 uit Nederland gekom het.17^ Hy was ook die stigter van die Neder-duitsch Hervormde Kerk in die ZAR en het fi sterk invloed op die onderwys in Potchefstroom uitgeoefen.^ In 1853 is hy deur die Volksraad aange-stel as hoof van skool- en kerkaangeleenthede in Potchefstroom. Belang-rik is die feit dat die Kerkraad onder sy leiding fi reglement aangeneem het wat fi groter matę van kerklike beheer oor die onderwys in Potchef-
19)
stroom gewettig het. '
Gedurende 1854 het allerlei twiste tussen ds. Van der Hoff en onderwyser
Van der Linden daartoe gelei dat laasgenoemde uit sy pos bedank het. fi
Onbevredigende situasie het daarna tot 1859 voortgeduur deurdat die skool
201
telkens gesluit en heropen is. '
211
Die onderwys in die ZAR is vanaf 1858 onder staatsbeheer geplaas. ' Hierdie ontwikkeling was ten volle in ooreenstemming met die demokratiese beskouing van die volk.22^ fi Skoolkommissie is kort daarna in Potchefstroom aangestel bestaande uit staatspresident MW Pretorius, ds. D van der Hoff, AM Goetz, HS Lombard en B Poortman. Die Skoolkommissie het in 1859
fi nuwe onderwysreglement aan die Volksraad voorgele wat na goedkeuring as
231
onderwyswet vir die hele ZAR gegeld het.
16 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938/ p. 130
17 G Jenkins, A Century of history: The story of Potchefstroom, p. 12
18 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 31-32
19 J Chris. Coetzee, Onderwys in Suid-Afrika, p. 263
20 AH Lugtenburg, Geskiedenis yan die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, pp. 52-55
21 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis.van.die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 136
22 SP Engelbrecht, Thomas Francois Burgers, pp. 132-133
23 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 36-37