5
Die Staatskool in Potchefstroom is gedurende 1859 heropen en is goed onder- ' steun soos blyk uit die sowat honderd leerlinge wat toe reeds op skool was. Hendrik van der Linden het teruggekeer en is weer deur die regering as on-derwyser aangestel.^
1.3 VERNUWING EN GROEI VAN DIE ONDERWYS IN POTCHEFSTROOM, 1860 - 1880
In die vroee jare sestig is die georganiseerde onderwys in die ZAR ernstig
benadeel deur kerklike verdeeldheid en interne politieke twis. Dit het
25 S
meegebring dat skole dikwels vir sekere tye gesluit is. '
Die Staatskool op Potchefstroom is ook na 1860 gesluit en het eers in Julie 1862 heropen toe Van der Linden vir die derde keer as onderwyser aangestel is. In Oktober 1863 is Van der Linden tot Staatsekretaris van die ZAR be-
noem met die gevolg dat die skool weer eens tot stilstand gekom het. Dit
is eers weer in Augustus 1864 heropen met JA Grimm se diensaanvaarding as onderwyser.^
Die onderwysreglement van 1859 het bygedra tot die onmin deur die bepaling
dat onderwysers van staatskole lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk
moes wees. Dit was veral lidmate van die Gereformeerde Kerk wat hu 11e teen
die onderwysreeling verset het. In Potchefstroom en omgewing het Gerefor-
meerdes uit protes geweier om hulle kinders na die plaaslike staatskool te 27)
stuur. ' Ouderling PJW Schutte van die plaas Buffeldoorns was so ontevre-de met die onderwysreeling dat hy sy kinders na die kerkskool van ds. Dirk Postma in Rustenburg gestuur het.^ In 1866 is hierdie bron van ontevre-denheid uit die weg geruim toe die Volksraad ’n nuwe onderwyswet aanvaar
24 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, pp. 137-138
25 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transvaal, p. 50
26 AH Lugtenburg, Geskiedenis van die onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek, pp. 69-70
27 JV Coetzee en J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde Kerk van Potchefstroom 1863-1938, p. 39
28 J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde beginsel en die onderwys in die Transvaal 1859-1937, p. 16