1. DIE VROEGSTE ONTWIKKELINGE OP ONDERWYSGEBIED IN POTCHEFSTROOM EN BUR-GERSDORP, 1838 - 1905
1.1 INLEIDING
Die wortels van Potchefstroom Gimnasium Te diep ingebed in die negentiende eeuse onderwysontwikkelinge in die Kaapkolonie. Dit was daar waar die Bur-gersdorpers praktiese beslag gegee het aan die Christelik-nasionale onder-wysgedagte met die oprigting van Yi voorbereidende skool in 1886. Op Potchefstroom is hierdie opvoedingsideaal ook reeds gedurende die vorige eeu doelbewus nagestreef, wat in 1905 op die oprigting van Yi soortgelyke voor-bereidende skool uitgeloop het. Hierdie skool het sy ontstaan te danke ge-had aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk, wat ook die oprig-ter van die voorbereidende skool te Burgersdorp was. Die skool op Potchefstroom moet gesien word as die voorloper van die latere Potchefstroom Gimna-sium.
Verwikkelinge op die gebied van onderwys in sowel Burgersdorp as op Potchefstroom gedurende die laat negentiende en vroeg 20e eeu, staan dus in noue verband met die oprigting van Potchefstroom Gimnasium.
1.2 ONDERWYSONTWIKKELINGE IN POTCHEFSTROOM, 1838 - 1860
Andries Hendrik Potgieter was een van die Voortrekkerleiers wat, soos vele
ander Hollands-Afrikaanse grensboere, die oostelike Kaapkolonie na 1835 per-
1)
manent verlaat het. ' Hy en sy trekgeselskąp het die gebied benoorde die
t
Vaalrivier binnegetrek en hu11e teen die einde van 1838 aan die Mooirivier gevestig.1 2^
Die eerste jare van die nedersetting is veral bestee aan die bewoonbaarma-king van die land. Hiervoor is ook die kinders ingespan sodat daar min tyd was vir formele onderwys. Die nedersetters was egter gesteld op ’n sekere minimum van verstandelike ontwikkeling vir hu11e kinders. Hulle moes kon lees, sing, skryf en reken wat verseker het dat hulle nie in ongeletterd-
CFJ Muller, Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, p. 162
WJ Badenhorst, "Die Geskiedenis van Potchefstroom" in AJH van der Walt e.a., Potchefstroom 1838-1938. pp. 16-18