44
Dat die Kuratore hierdie ook as 'n ongewenste situasie ervaar het, blyk dui-
delik uit hulle bereidwil1igheid om die geboue aan die staat oor te dra.
In 1921 was so 'n stąp egter nie moontlik nie aangesien die geboue reeds in
1919 vir ii tydperk van nege jaar aan die provinsiale owerheid verhuur 371
is. ' Bowendien is staatsoorname op daardie stadium deur Yi gebrek aan fondse gekortwiek. Die AtatuA quo is dus gehandhaaf met die vooruitsig van oordrag op Yi latere tydstip.^
Na die oprigting van addisionele lokale in 1920 het die skoolgebou van Pot-
chefstroom Gimnasium uit nege gewone lokale en een laboratorium bestaan.
Dit was egter spoedig duidelik dat die gehalte van die skoolgebou as geheel
veel te wense oorgelaat het. Die skoolinspekteur het in 1923 selfs sy be-
denkinge uitgespreek oor die wenslikheid van toekomstige uitbreiding aan
die bestaande gebou. Hy het die skoolgebou ook vanuit Yi opvoedkundige oog-
39l
punt onaanvaarbaar gevind: ' "Opvoedend en veredelend kan die omgewing be-
oaald nie op die kinders inwerk nie, nog minder kan daar sprake wees van iie ontwikkeling van 'n estetiese gevoel aangesien alles gehawend en ver~ vaarloos uitsien." Die skoolgebou het ook nie voldoende akkommodasie ge-lied nie. Gedurende 1923 het die skoolhoof "die verskaffing van lokali-teit" as "die brandende kwessie" bestempel. Hy was selfs van mening dat daar Yi verband bestaan het tussen onvoldoende klaskamerakkommodasie en on-bevredigende akademiese resultate.^
In sy verslag het die inspekteur aangedui dat "iets gedaan moet word". Hy
het aanbeveel dat Yi minimum van drie addisionele lokale vir die onmiddelli-
ke behoefte nodig was. Die standerd nege-klas kon klaarblyklik nie in Yi
enkele lokaal alleen geakkommodeer word nie en verder is daar ’n lokaal be-
nodig vir die onderrig van Grieks en Latyn. Daar was steeds nie Yi perso-
411
neelkamer, Yi kantoor vir die hoof en Yi geskikte biblioteek nie.
37 Gereformeerde Kerk, Notule van Kuratore, 7.8.1923
38 Gereformeerde Kerk, Verslag van die Senaat van die Teologiese Skool in verband met onderhoud met Administrateur van Transvaal, 26.10.1921
(j39~^ Pótchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 13-14.3.1923 in Skool-^— joernaal II, pp. 36-39
40 Potchefstroom Gimnasium, Skooljoernaal II, Julie-Sept. 1923, p. 29
(41^ Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 13-14.3.1923 in Skool-joernaal II, pp. 36-39