25
die skoolhoof, JJA Coetsee, in November 1912 aan die Kuratore-vergadering voorgele het. Na behandeling van die verslag het die Kuratore die hoof versoek om meer besonderhede oor die volgende aspekte te verskaf:49^
"aantal leerlingen in elke standaard"
"Leermiddelen"
"Bevoegdhede personeel"
"Lokaliteit"
"Salarissen"
In 1913 het die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk in Trans-
vaal besluit dat die Kerkraad van Potchefstroom ook deur twee lede op die
Skoolkommissie verteenwoordig sou word.4^ Die Kerkraad sou jaarliks ver-
slag lewer aan die Algemene Vergadering oor die werksaamhede van die Voor-
bereidende Skool en op hierdie wyse het die Algemene Vergadering op indi-
47)
rekte wyse toesig en beheer oor die Voorbereidende Skool uitgeoefen. •
Die leerlingtal aan die Voorbereidende Skool het tussen 1913 en 1914 van 131^ tot 150 aangegroei. Dit het meegebring dat die skoolgebou in 1914 deur aanbouing met twee bykomende lokale vergroot is terwyl die oorspronk-like vertrek onderverdeel is in drie afsonderlike lokale. Aan die voorkant is twee gewels aangebou wat volgens JJA Coetsee aan die skool ti "deftig ui-terlik" besorg het.49^ Die onderwyspersoneel van die Voorbereidende Skool het op daardie stadium uit JJA Coetsee (hoof), SG Yssel, GJ Munstra en mej.
H Duvenage bestaan.
Gedurende die laaste maande van 1914 het finansiele laste 'n ernstige bedrei-ging vir die voortbestaan van die Voorbereidende Skool geword. Dit is waarskynlik veroorsaak deur die nadelige uitwerking wat die Eerste Wereld-
45 Gereformeerde Kerk, Notulę van Kuratore, 27.11.1912, art. 36
46 Gereformeerde Kerk, Notule van Algemene Vergadering van Transvaal, Januarie 1913, art. 23
47 T Eloff, Die Gereformeerde Kerk en die Voorbereidende Skool, p. 18
48 JV Coetzee en J Chris. Coetzee, Die Gereformeerde Kerk van Potchefstroom, p. 59
49 JJA Coetsee, "Potchefstroom Gimnasium" in Fac et Spera, No. 1, November 1916, p. 9