116
10l
ook onheraldies. ' Die betrokke embleem is inderdaad ook nie as skoolem-bleem vir Potchefstroom Gimnasium aanvaar nie.
Gedurende die jare 1917 tot 1919 is verskeie pogings aangewend om ii nuwe
embleem vir die skool te ontwerp. Leerlinge wat hulle doelbewus vir ii nuwe
ontwerp beywer het, was H Groenewald, ene Jackson en John Davey. Groene-
wald en Jackson het volgens getuienis selfs vir Pierneef by hulle poging
betrek, maar interessant genoeg, hierdie beroemde skilder se ontwerp onaan-
11)
vaarbaar gevind.
Dit was egter John Davey wat beslag gegee het aan 'n nuwe embleem vir die
skool nd verskeie onsuksesvol1e pogings deur die drie leerlinge gesament-
1 ik. Hy het later beweer dat hy "iewers in 1919... in Kerkstraat gestap
(het) toe ii damę van voor aankom. Sy het ii goue hangertjie gedra met ii
graaf en ii pik wat mekaar kruis. Reg onder die kruis hetii goue hartjie
gehang. Onmiddellik het ek ii idee gekry: Waar die goue hartjie hang, moet
net ii anker geplaas word. Siedaar, die graaf en die pik is mos simbole
van arbeid en die anker die hoop. Ek het terug gehaas koshuis toe en die
ontwerp probeer teken. Met die voorlegging daarvan was almal daarmee eens
121
dat dit ii uitstekende plan was". '
13)
Hierdie embleem ' is in 1921 aanvaar en was, aąn heraldiese vereistes ge-meet, beslis ii verbetering op sowel die Korpsembleem as die oorspronklike skoolembleem. Volgens die Staatsheraldikus het die "persoon wat die latere skoolwapen ontwerp het, 'n goeie insig in die ^ese van die wapenkunde aan die dag gele, want daar is op ii klassieke wyse heraldiese gestalte gegee aan die spreuk FAC ET SPERA, gelees saam met die onderskrif IN HOPE DELF IK... Die slaggate van die sogenaamde landskapsheraldiek wat in die oorspronkl ike voorstel1ings verskyn, is dus vermy deur die aanwending van een-
14)
voudige, maklik herkenbare en tewens sprekende figurę". '
10 Staatsargiefdiens, Korrespondensie: NF Hartman/PP de Bruyn, 8.10.1981
11 Potchefstroom Gimnasium, Fac et Spera, No. 24, Nov. 1948, p. 61
12 PJP Henning, "Gimnasium en ... ons taal", in Fac et Spera, 1975, p. 4
13 Kyk Illustrasie 4
14 Staatsargiefdiens, Korrespondensie : NF Hartman/PP de Bruyn, 8.10.1981