115)
57
akademiese werk deur onderwysers. ' Onervare leerkragte en Yi gebrek aan
ferme dissipline het ook nadelig ingewerk op die skool se akademiese resul-
116)
tatę gedurende die vroee twintigerjare. ' Hierdie onbevredigende situa-
sie is verder in die hand gewerk deur "moeilike omstandigheden van grotę
117)
klassen, ongelyke vorderingen, onvoldoende ruimte en leermiddelen." '
Deur die toegewyde inspanning van personeel en leerlinge is hierdie leemtes
en tekortkominge egter mettertyd te bowe gekom. Dit blyk duidelik uit die
skoolinspeksievers1ag van 1929 wat "die algemene pei1 van die verskillende
vakke (as) baie bevredigend" bestempel het. Die goeie eksamenresultate wat
teęn 1929 behaal is, lewer verdere bewys van die verbeterende onderwysstan-
118)
daard aan die skool. '
Die welslae op akademiese gebied is ook te danke aan die georganiseerde ver-
loop van die skoolprogram. Yi Skooldag het uit agt lesperiodes bestaan wat
van agt uur tot kwart voor twee geduur het. Dit het begin met ’n openings-
periode van vyf minutę en later in die dag het Yi pouse van 30 minutę ge-
volg. Die skooldissipline het ook aanmerklik verbeter, waarvan die volgen-
119)
de aanhaling uit ’n skoolinspeksieverslag ’n duidelike bewys is:
"By die begin van elke skof word die kinders versamel en aan die end gaan hulle uiteen sonder baie seremonie maar ordelik en met 'n mienimum verkwisting van tyd. Ook het dit bepaald meegeval om klasse binne te stąp waar die leerlinge by afwesigheid van hul onderwyser kalm en ordelik deurwerk."
Die vertrouensverhouding tussen hoof, personeel en leerlinge sowel as die gees van erns en toewyding wat in die skool geheers het, was tot 'n groot matę die dryfkrag agter die akademiese suksesse wat mettertyd behaal is
115 Potchefstroom Gimnasium, Skooljoernaal II, 7.4.1922, p. 23
116 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 13-14.3.1923 in Skool-joernaal II, pp. 36-39
117 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, Okt. 1919 in Skool-joernaal II, pp. 10-11
118 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 30.4.1929-3.5.1929 in Skooljoernaal II, pp. 64-80
119 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslag, 30.4.1929-3.5.1929 in Skooljoernaal II, pp. 64-80
120 Potchefstroom Gimnasium, Skoolinspeksieverslae, 1929-1935 in Skool-joernaal II