50
Die Beheerraad het in 1923 Yi koshuisreglement opgestel wat ook die verant-woordelikhede van die huisvader omskryf het. Koshuisreels was oor die al-
gemeen streng, sodat goeie ordę en dissipline gehandhaaf kon word.80^
\
Die inwonertal van die koshuise het heelwat gewissel gedurende die jare
81)
voor 1938. Die getal het in 1931 Yi laagtepunt bereik, ' maar daarna tot
82)
1936 besondere groei getoon. ' Die Beheerraad is daardeur genoop om vir addisionele akkommodasie voorsiening te maak. Teen 1938 was die twee huise wat as woonkwartiere ingerig is, egter reeds weer onvoldoende. Op daardie stadium was nuwe geboue op die Beheerraad se agenda en is die TOD versoek om daaraan uitvoering te gee.88^
Yi Skool is vir sy voortbestaan nie alleen afhanklik van doelmatige geboue en ander fasiliteite nie, maar veral ook van sy leerlingtal. Die grootte van Potchefstroom Gimnasium se leerlingtal het gedurende die jare 1918 tot 1938 aansienlike skommelinge getoon. Verskeie faktore was hiervoor verant-woordelik.
3.2.3 DIE LEERLINGTAL
Die primere afdeling van Potchefstroom Gimnasium en die latere Gimnasium Laerskool het alle leerlinge tot die vlak van standerd ses geakkommodeer. Dit het meegebring dat Potchefstroom Gimnasium, selfs na die omskepping daarvan tot h volwaardige sekondere skool in 1918, slegs verantwoordelik was vir leerlinge tussen standerds sewe en tien. Hierdie reeling is in 1919 gewysig om ook toelating te bied vir standerd ses-leerlinge. Die on-middellike uitwerking hiervan was dat 75 standerd ses-leerlinge in 1920 by die skool ingeskryf is.84^ Dit was tewens 'n bydraende faktor tot die ver-dubbeling van die leerlingtal tussen 1918 en 1923.
80 |
Potchefstroom art. 4(b) |
Gimnasium, |
Beheerraadsnotule |
III, |
5.3.1923, |
P- |
57, |
81 |
Potchefstroom art. 7 |
Gimnasium, |
Beheerraadsnotule |
III/ • |
3.2.1931, |
P. |
177, |
82 Potchefstroom Gimnasium, Notule van Koshuiskomitee van die Beheerraad, 11.5.1935
83 Potchefstroom Gimnasium, Fac et Spera, No. 15, Des. 1938, p. 7
84 Potchefstroom Gimnasium, Skooljoernaal II, 28.1.1920, p. 8