10
verskil lende konsentrasiekampe in Transvaal So VI kampskoo) is reeds gedurende die eerste helfte van 1901 in Potchefstroom opgerig. Die hoof
was A Law en hy is bygestaan deur Yi aantal dames. Die klaslokale was
%
groot tente waarin ongeveer 400 leerlinge onderrig ontvang het. Na die
vredesiuiting by Vereeniging in 1902 is die skool gesluit waarna die skole
49)
van Potchefstroom weer redelik normaal gefunksioneer het.
In 1903 het MM Bresler sy pligte as hoof van die "Armenschool", wat van toe af die "South School" genoem is, hervat. Die skool se personeel het uit nege lede bestaan met 'n leerlingtal van 354. Engels was voortaan die on-derwysmedium. Die "North School" en die "Central School" het in 1903 on-derskeidelik agt en sewe personeellede gehad met leerlingtalle van onder-skeidelik 267 en 159.50)
Vanaf 1903 is h gesentraliseerde onderwysstelsel vir die hele Suid-Afrika geTmplementeer wat in ooreenstemming was met Milner se 1iberalisties-impe-
C 1 \
rialistiese staatsbeleid. ; Milner het hom dit ten doel gestel om die
Hollands-Afrikaanssprekende bevolking te denasionaliseer deur 'n onderge-
52)
skikte posisie aan hulle taal en godsdiens in die onderwys toe te ken.
Die Christelik-nasionale onderwysbeweging (CNO), wat na 1901 in Transvaal
53)
beslag gekry het as Vi versetbeweging teen hierdie beleid, het ook groot steun in Potchefstroom geniet. Die Algemene Vergadering van die Gerefor-meerde Kerk het in 1903 besluit om hom daadwerklik te beywer vir die bevor-dering van Christelik-nasionale onderwys. Dit was veral die nuwe predikant
48 SS Barnard en AG Coetzee, Blankę onderwys van Kaapland tot Transyaal, pp. 115-117
49 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, p. 228
50 J Chris. Coetzee, "Die Geskiedenis van die Onderwys in Potchefstroom 1838-1938" in AJH van der Walt, Potchefstroom 1838-1938, pp. 229-230
51 SB Spies, "Heropbou en unifikasie, 1902-1910" in CFJ Muller, Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, p. 363
52 HJJ Bingle, "Die Gereformeerde Kerk.en die laer en middelbare onderwys" in GCP van der Vyver(red.), Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, 1859-1959, p. 211
53 HJJ Bingle, "Die Gereformeerde•Kerk•en•die laer en middelbare onderwys" in GCP van der Vyver(red.), Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, 1859-1959, p. 213